Almal ken haar as Teta Ankica

In Afrikaans sou ons sê, Tannie Annatjie. Sy woon in 'n woonstelletjie op die sesde vloer van 'n gedeeltelik bombeskadigde gebou in Sarajevo, die hoofstad van Bosnië Hercegovina. In November 1995, een week nadat die vier jaar lange belering van Sarajevo beeindig is, toe ek haar die eerste keer gesien het , was sy maer, soos al die ander mense in daardie verwoeste stad, maar daar was 'n vonkel in haar oë en 'n blymoedige lag om haar mond wat die ontberings van die oorlog weerspreek het. 

Wie is hierdie 65 jarige weduwee, wat twee vroue uit 'n vreemde land so hartlik kon verwelkom al het sy geweet dat die enigste kos in die huis macaroni sonder sous en suurkool was? Teta Ankica (spreek uit Angkietsa) was vir die duur van die oorlog die enigste oorblywende christen in Sarajevo en ook die enigste nie-moslem in 'n volledig Moslem buurt. Hoe oorleef 'n mens dit? Ankica het nie oorleef nie, sy het volluit geleef en 'n getuienis van haar christenskap uitgeleef wat haar 'n legende gemaak het.

"Ankica was die enigste een wat haar wasgoed op die balkon kon uithang, want haar Jesus het haar beskerm," So getuig 'n Moslem buurvrou. Omdat hulle woonstelgebou baie na aan die oorlogsfront was moes hulle gebukkend voor die vensters loop, want die sluipskutters skiet na enigiets wat beweeg. 

"Ankica het vir ons gaan brood haal by die depot die kere wanneer daar brood was, dis haar Jesus wat haar beskerm het teen die sluipskutters." Vertel die ou tannie van die grondvloer wat nie meer kan loop nie. Ankica was die versorger van oud en jonk. Sy het gedien, getroos, berispe, en liefde gegee. Soos vir die twee klein dogtertjies wat by hulle seniele ouma bly , want hulle ouers het een dag net nie weer huistoe gekom nie en is vermis, vermoedelik dood.

'Ons het partykeer twee keer in een nag gehardloop om water te gaan haal, want daar was ander wat te oud of siek was om self te gaan, Ankica het die heeltyd gebid en ons het altyd veilig by die huis gekom" So getuig haar 'watermaat'. Tydens die oorlog was daar net enkele sentrale punte waar hulle kon water kry en hulle moes twee-twee snags in die stikdonker gaan. As die een iets sou oorkom kan die ander een gaan hulp soek. Die naaste waterpunt was maklik 'n kilometer van haar woonstel en die hysbakke het nie gewerk nie, want daar was geen krag nie.

Skaam-skaam vertel 'n jong vrou; "Teta Ankica kaje, nema place, slava Boga" (Tannie Annatjie het gesê; 'Moenie huil nie, prys die here') Sy vertel verder hoe hulle dan saam gesing het terwyl die bomme val en dat die vrees dan verdwyn het. Ankica vertel self hoe sy dikwels alleen in die badkamer van die woonstel (die veiligste plek) geskuil het en hoe die Here vir haar dan 'n nuwe lied gegee het waarmee sy Hom kon prys.

Sy het altyd alles met almal gedeel, soos die keer toe ons die eerste keer 'n geldjie vir haar gegee het. Sy het pligsgetrou kom verslag doen. Sy het 'n sak aartappels (die eerste in vier jaar wat die stad kon inkom) gekoop en dit verdeel onder die bure. Kerse vir die een wat so lankal nie kerse het nie en 2 Duitse Mark vir die een oumatjie vir medisyne op die swartmark en so voort. En vir haarself dan? Met 'n verleë laggie haal sy 'n pakkie koffie uit en gooi haar arms in die lug met 'n uitbundige "Kava! Slava Boga!" Haar eerste koffie in vier jaar

By die biduur vir die handjievol christene wat uit die gate uitgekom het na die ergste bomme, was sy die een wat telkens rustig inspraak gelewer het. Elke week het haar eie dissipeltjies, by haar woonstel bymekaar gekom vir Bybelstudie. Haar mentorskap was so sonder pretensie, want sy was mentor in murg en been. Sy het gelei deur haar voorbeeld. Sy kon waarlik soos Paulus sê; Volg my voorbeeld na soos ek Jesus navolg.

Was sy 'n supervrou? Nee, sy was net 'n christen. Sy was ook bang, soos die keer wat 'n mortier die woonstel net onder hare getref het en volledig vernietig het. Toe ons op die balkon staan en ek haar vra waar sy was toe dit gebeur het, het sy net beduie dat sy daar was, maar haar oë het die volle verhaal van verskrikking vertel. Toe ek my arms om haar sit het sy soos 'n klein kindjie begin huil. Sy wat vir so baie Jesus se arms was het self ook maar doodgewone mens-arms nodig gehad

In die ses weke wat ek die voorreg gehad het om by haar te woon het sy my geleer wat dit beteken om waarlik getuie te wees soos Handelinge 1 vers 8 ons uitnooi om te wees. Die werkwoord soort getuie, want dis wat die Woord ons leer. Ons is die boodskap. Ons lewe die boodskap en ons lewe maak van ons 'n mentor. Vra u my om vir u 'n christen te gaan wys dan neem ek u na Ankica in haar woonstel op die sesde vloer in 'n gebou sonder naam in Ali Pashino Polje in Sarajevo en ek vertrou dat ons haar daar gaan kry, besig om getuie te wees. ken You can arrange your articles with the Mobirise website design software.

Our Logo
  • The El Shaddai Charitable Trust was established with the purpose of promoting prayer with the emphasis on community involvement. To see a healthy, prosperous and productive Christian society that lives in a conducive environment, a transformed community. The verse Gen 17:1 call on all of us as a community consisting of individuals to walk before God Almighty and be blameless. A community consist of individuals and therefore a transformed community starts with a transformed individual.
Our Slogan 
  • Sharing His Love A Pattern To Live By
  • We have been blessed by receiving the love of God through His Son Jesus Christ our Lord and Saviour. Prayer is the way we share our love, drawing all people into fellowship with God our Father and His Son Jesus Christ. When Jesus prayed for the sick, the lost and those possessed, it was always preceded with His compassion for them. It is through this compassion and love that they receive their identity in Christ Jesus. This is not a calling it is a way of living, a biblical pattern to live by, as we trust in Christ Jesus.
Jesus Is Enough
  • Consider Luke 5:5-6
  • Simon answered him, “Master, we worked all night, and took nothing; but at your word I will let down the net.”
  • When they had done this, they caught a great multitude of fish, and their net was breaking".
  • Therefore
  •  Enter the true Shabbat rest and rest from your own works as you place your trust in Jesus and His ability to do the impossible. When Jesus looked at the harvest
  • that was  ready, He called on us to pray unto the Lord of the harvest.

About Us
  • The name "NewLife ...." proclaims our commiment in Jesus Christ to awaken the bride of Christ to the new recreated life in and through Him, our Saviour.
  • This "NewLife"  is reiterated in our Kingdom family the "New Life Alliance International".
  • We are also committed in making the Word of God come alive in an understandable and tangible way, through the power of the Holy Spirit, preparing a way for the King of Kings to be enthroned within the hearts of His bride.

Design a free website - Check this